Relatiewe digtheid

Die relatiewe digtheid van brandstof word getoets.

Die relatiewe digtheid (soms: spesifieke graviteit, van Engels: "specific gravity") of SG is die verhouding van die digtheid van 'n stof tot die digtheid van 'n verwysingstof. Skynbare relatiewe digtheid is die verhouding van die gewig van 'n volume van die stof tot die gewig van 'n gelyke volume van die verwysingstof. Die verwysingstof is byna altyd water vir vloeistowwe en droë lug vir gasse. Temperatuur en druk moet gespesifiseer word vir beide die monster en die verwysing. Druk is byna altyd 1 atm wat gelyk is aan 101.325 kPa. Temperature vir beide monster en verwysing wissel van bedryf tot bedryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy